Herfs Plante Verkoop

Thursday, 27 March 2014 11:56

Op Vrydag en Saterdag, 4 en 5 April, hou die Botaniese Tuin in George hulle Herfs verkoping. Hierdie aktiwiteit vind plaas in terme van die Botaniese Tuin se missie om plante van die Suid-Kaap te versamel, te bewaar en waar nodig te restoureer en te vermeerder. Om plante aan die publiek beskikbaar te stel is ‘n uitvloeisel van hierdie funksies. 

Daar is gewoonlik oor die 2000 plante beskikbaar, van die gewone gewilde tuinplante tot die skaarser fynbos spesies. Op die oomblik het die Tuin ook ‘n goeie verskeidenheid klein vetplantjies en heelwat van die groter aalwynsoorte. Daar sal ook oor die 30 verskillende boomsoorte, wat in die Suid Kaap voorkom, beskikbaar wees. 

Omdat baie van die plante self by die Tuine gekweek word, kan die pryse redelik laag gehou word. Daar word ook inheemse plante van New Plant Kwekery aangekoop om die verskeidenheid te verhoog. Die plaaslike Protea en Speldekussing kwekerye, Petals en Die Bof, sal ook uitstellings hê en van hulle plante te koop aanbied.

‘n Hoogtepunt hierdie jaar sal ‘n uitstalling wees deur die Suid Kaap Herbarium, wat ‘n integrale en belangrike deel van die Botaniese Tuin is.  

Verskeie stalletjies waar verversings te koop aangebied sal word sal aanwesig wees.

Saterdag, 5 April, se groot aantrekkingskrag sal die teenwoordigheid  van  Bruce Fordyce wees. Hy gaan die eerste ParkrunSA, wat weekliks in die Tuine gaan plaasvind, om 8vm open.

 

Last modified on Thursday, 27 March 2014 13:22
Rate this item
(2 votes)
Read 1234 times

Contact Us

Tel:          +27 44 874 1558 (OFFICE)

Email:       This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

TEA GARDEN Getafix Garden Café: 

044 873 5729 / www.getafixcafe.co.za / This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

GARDEN VISIT TIMES:

September - April:      07h00 – 19h00

May - August:             07h30 – 18h00

 

ENTRANCE FEES:  R10.00 per person. Children under 12 get in for free, if accompanied by an adult. 

 

OFFICE & NURSERY HOURS:

Monday - Thursday:     08h00 – 17h00

Friday:                        08h00 – 14h30 

 

NURSERY Open every first Saturday of the month from 09h00 - 12h00. 

 

Full Contact List

Directions to Gardens

Useful links

Social News

Find Us

made with love from Joomla.it